Lans (wapen)

Krygskuns te perd met toepassing van die couched lance-tegniek
Detail van 'n tapyt uit die 2de helfte van die 11de eeu, Bayeux

'n Lans (Latyn: "Lancia") is 'n tipe stoot- of steekwapen. Dit bestaan uit 'n lang skag wat tipies van staal, maar in sommige gevalle ook van bamboes, gemaak word. Aan die einde is 'n plat metaallem vasgemaak. Dit het 'n totale lengte van 3,5 tot 4,5 meter.

Dit het ontwikkel uit die spies, vir gebruik deur kavallerie. Anders as die spies, word die lans nooit gegooi nie. Dit is 'n wapen wat hoofsaaklik geassosieer word met ridders, wat die lans as oorlogswapen en vir toernooie gebruik het.

Die lanse wat in toernooie gebruik is het verskil van die wat vir oorlog bestem was. Dit was gewoonlik stomp en uitgehol sodat dit afgebreek het en nie jou opponent tydens 'n toernooi deurboor het nie.

Die lanse wat tydens oorlogvoering gebruik is was skerp (om die teenstander te steek) en goed gebalanseer vir eenhandige gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search